• another language

    another journey

  • soul searching

    quiet moments

  • Be bold.

    Dare.

  • technical talk

Pupils' Posts

Grootword is soos ' n roosknop met dorings

'n Mondeling wat een van die graad 10 leerders aan die klas voorgedra het. 

GROOTWORD IS SOOS 'N ROOSKNOP MET DORINGS

Ek is 'n tiener - noG nie eens 16 jaar oud nie.  Ek is veronderstel om soos 'n nuwe roosknoppie nog beskermde groen blaartjies om my te hê.  Die beskerming van my ouers teen die wrede wêreld daar buite.

My dorinkies is nog sag en klein.  Dit maak nog nie so seer soos die harde dorings nie.  Ouers is die dorings in ons jeug se vlees.

Maar ek wonder?  Gaan die dorings my beskerm teen die hardheid van die lewe?  Die onregverdigheid, verwerping, al die seer dinge?

Plaas daarvan dat die dorings die mense wat my seeRrmaak steek, word ek gesteek deur daardie mens se dorings.  Regverdig?  Nee, maar soos hulle sê, Afrika is nie vir sissies nie.

Ja, ek het blossende wange soos 'n mooi wit roos met 'n pienk skynsel.  Ja, dis verseker mooi, maar weet iemand regtig wat 'n mens moet deurgaan om groot te word?

Elke tiener se persoonlike lewe verskil, maar ooreenkomste is daar.

Ek kyk in die spieël en ek sien 'n gesig.  'n Gesig waarvan ek nie baie hou nie.  Hoekom, sou julle vra?  Want indien jy gekritiseer word oor jou voorkoms glo jy later die kritici.

Continue Reading...

I Share

No post has been created yet.