Thana

Hopeloos. Heerlik. Hemels.

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Team Blogs
    Team Blogs Find your favorite team blogs here.
  • Login
    Login Login form

Grootword is soos ' n roosknop met dorings

by
  • Font size: Larger Smaller
  • Subscribe to this entry
  • Print

'n Mondeling wat een van die graad 10 leerders aan die klas voorgedra het. 

GROOTWORD IS SOOS 'N ROOSKNOP MET DORINGS

Ek is 'n tiener - noG nie eens 16 jaar oud nie.  Ek is veronderstel om soos 'n nuwe roosknoppie nog beskermde groen blaartjies om my te hê.  Die beskerming van my ouers teen die wrede wêreld daar buite.

My dorinkies is nog sag en klein.  Dit maak nog nie so seer soos die harde dorings nie.  Ouers is die dorings in ons jeug se vlees.

Maar ek wonder?  Gaan die dorings my beskerm teen die hardheid van die lewe?  Die onregverdigheid, verwerping, al die seer dinge?

Plaas daarvan dat die dorings die mense wat my seeRrmaak steek, word ek gesteek deur daardie mens se dorings.  Regverdig?  Nee, maar soos hulle sê, Afrika is nie vir sissies nie.

Ja, ek het blossende wange soos 'n mooi wit roos met 'n pienk skynsel.  Ja, dis verseker mooi, maar weet iemand regtig wat 'n mens moet deurgaan om groot te word?

Elke tiener se persoonlike lewe verskil, maar ooreenkomste is daar.

Ek kyk in die spieël en ek sien 'n gesig.  'n Gesig waarvan ek nie baie hou nie.  Hoekom, sou julle vra?  Want indien jy gekritiseer word oor jou voorkoms glo jy later die kritici.

Ouers van vandag dink ons moet grootword soos hulle grootgeword het.  Tye het verander.

Jy word verwerp as jy nie luister wat hulle vir jou sê nie.  Jy mag nie so en so aantrek nie.  Maak vas jou hare, Haal al daardie grimering af en so kan ek aangaan.  

Wat die ouers nie altyd wil verstaan nie, is dat ons 'n mens op jou eie is.  Ons het ons eie identiteit.

Daar is absoluut niks fout daarmee om 'n goeie waardesisteem te hê nie.  Goeie waardes is wat van jou as jong mens 'n verantwoordelike volwassene maak.

Die woorde "kan jy maar nie soos daardie persoon wees nie" is seker die hardste woorde van verwerping wat jy kan kry.  Ek is dan die produk van twee mense wat veronderstel was om my onvoorwaardelik lief te hê.  So kan die twyfeling in liefde 'n tiener skaad om te glo dat sy nie goed genoeg is vir enigiemand nie.

Indien ek soos daardie persoon  moet wees, verloor ek my ware identiteit.  Ek is ek. Uniek.

Die roosblare begin oopgaan - shoe, dis mooi.

Die roos kelk in my hand - so broos maar tog so mooi.  

Die dorings word hard en groot.  Die blare verdof en raak bruin - die verwerping is daar.  My lewe verlep soos 'n roos se blare.

Die blare val van die stingel af en dis die begin van die einde.  My lus is nie meer daar nie.  Verwerping, foutvindery, geskende identiteit - waar het ek verkeerd gegaan?

Ek sluit af met hierdie gedig van Magda Wagner:

'n Roos het gestaan

Waar almal dit kon sien.

In die skady van 'n muur

En sy takke groei reguit en steek

Met die verbygaan van elke uur

Maar eendag deur 'n kraak skyn 'n sonstraallig

Wat die roos totaal bekoor

Die roos buig saggies

Nader aan die hitte en groei later oor

Nou voel ek die groot verlies

Maar wees getroos

Die roos blom daar

 

Met groot skoonkeid nog

Want God sorg vir elke blaar.

Dis hoe tienermeisies behander wil word.  Verwerping, bou van 'n identiteit en voorkoms kan altyd met 'n roos vergelyk word.

 

 

 

 

in Words Hits: 3663 0 Comments
0

Also a little bit English, but when the first dusty odour of threatening clouds awakens nostalgic Karoo-memories, and it suddenly starts to rain…

Comments

  • No comments made yet. Be the first to submit a comment

Leave your comment

Guest Tuesday, 12 December 2017