Covid-19, 26 Maart 2020 -
26/3/202 - 05:45
Ek sit op die harde, koue plaveisel buite die Labour Department se kantore saam met ons staff en wag dat die deure oopgaan. Dis koud.
Het nog nie koffie gehad nie.
Ek bid dat die man met wie ons 07:00 'n tentatiewe afspraak het hier gaan wees. Niemand kyk dat almal nie staan en rook nie, en my oge brand en traan en neus loop. Maar ek gaan niks doen of se nie. Ek kan nie. Moet ook maar kyk hoe iemand kort-kort indruk, en luister na die ghom wat uit distorted selfoon-speakers vanagter die stink sigarette bler. Almal beloer die grys, wit antie op haar boude teen die vuil muur nuuskierig.
Vandag is nie Dag Zero nie. Dis Lockdown. En ek sit in my lekker groot huis met stokperdjies en kos en internet en TV en dink ek maak dalk 'n verskil met wat ek doen.
Wat 'n grap. Vir nie een van hierdie mense het enige van my aksies impak nie; ek woon nie eers in die regte Suid Afrika nie. Sou ek nog steeds positief oor ons land praat as ek geleef het waar die tyre die teer tref? Die slim mense met die lang sinne en duur pakke op die TV woon verseker ook maar in bubble-land waar toiletpapier nie mag opraak nie. Maar definitief nie in hierdie koue, harde SA nie.
Dit doen my baie, baie goed om weer grappieloos aarde toe te kom en die waarheid in te asem
En virusloos te stik.
https://www.news.uct.ac.za/article/-2016-12-09-integrating-informal-settlements
28/3/2020 - 07:14
Die verlangse Boulevard-verkeer klink amper soos wind wat deur hoe Populiere waai. Amper. Met 'n ouma-skep verbeelding.
Niks klink amper soos branders wat teen rotse slaan nie. Niks klink amper soos reen op 'n sinkdak nie. En niks klink ook soos 'n stamperige inkomende graad 9-klas op 'n sugar high na pouse nie.
Ek tel nederig my seeninge: suig diep, diep die rus in ...
(Ek moes nie - nie so diep deur my neus nie. Die Spaniel wat op my maag le en snork het gepoep.)
En ek bely die dankbaarheid, want ek wonder wat doen A en B om vir 21 dae+ te moet oorleef. Hulle pa is so 'n boelie.
Ek het vir C saam met die ma en die nuwe baba en (wie ek vermoed is) die nuwe stiefpa in die dorp sien stap die dag voor lockdown. Is daar kos? Moet die baba nou die heeltyd opgepas word? Hoekom het die man die kind so aangekyk?
Wat doen D, wat NIE kan stilsit of ingeperk wees nie. So slim, maar die omstandighede... en die eensame stryd teen depressie.
Gaan E weer sagte binnebeen- en kieliebakvel opkerf want die huis is donker, stil, ver verwyder van coping mechanisms by die skool.
F se ouers sit seker oorsee. Wat van die kind aan? Moet kan oefen anders haak die koppie uit. Het mos verlede jaar drank ontdek.
Ons klasse waar ons karring en baklei en omgee is hulle veilige hawe. En my hart spasma ineen soos die proviant droe perskes in die yskas.
Spanielhond het opgehou om sy voete te lek. Lek nou my voet. Die een motor wat verby gery het is van Wolf Security. Dis goed. Dit hou streng almal binne- die kinders ook. Hulle moet beskerm word teen die virus.
Dankie Here vir die rustyd.
