another language   
“If we find ourselves with a desire that nothing in this world can satisfy, the most probable explanation is that we were made for another world.”
― C.S. Lewis

10 APRIL 2004

Ek slaap nie met my lyf nie.

Iemand anders slaap...

Die kunssin golf-droom

om tyd en plek en datum.

Ek bly jeugdig, hoopvol waak.

ts


25 JUNE 2004

Liefste Katyah

Dankie vir al die lesse, gebede, mentorsessies.

Love you.


The Misty Flats

To every many there openeth
A way, and ways, and a way.
And the high soul climbs the high way,
And the low soul gropes the low,
And in between on the misty flats
The rest drift to and fro.
But to every man there openeth
A high way and a low -
And every man decideth the way his soul shall go.

- John Oxenham


 

6 MARCH 2005

 

    Oorhaastig,

Honger - sluk die baba lewe

saam met lug wat saggies

uit geliefkoos word

tot wind,

    Gulsig

Ongeduldig - alleen

bevredig 'n vrou haarself...

berouvol...

om later verwytend, smagtend

eensaamheid te kraam.

ts


1 JAN 2011

Rol my op

en sit my in 'n klein, bruin erdepotjie.

Roer my om en om

sodat ek die jaar en maande en dae nie kan onthou nie.

En gil kan bly kolk in 'n gedagtewereld

waar alles gelukkig is.

Waks asseblief die deksel dig?

Ek wil nie uitklim

en funksioneer meer nie.

Dit is veilig hier.

th


Mr K - 21/4/2017

The taps are wide open.

Hot steam sneaks up against the icy ceramic edge of the bath, over my shoulder to where it joins in with the salty tears smearing black memoirs through this morning's mascara.

I remember my mentor.

Tonight I will, regardless of threats, hot-bath the cancer-eroded drought away.


Mr K - 30 Junie 2017

Lecturer, mentor, friend,

confidant, walking dictionary,

wisdom...

I miss you.



Die lewe is so verskriklik kort.

'n Vlugtige oudisie -

'n verbygaande karnale missie om te kyk of ons kan deurdruk

en dalk,

tesame met die stryd,

dalk nog kan leer van liefde, vrede, geduld,

en al die ander vrugte wat so vrot teen my boompie se takke

af gly en my getuienis totaal die verderf in laat spat.


Die lewe is so verskriklik broos.

Wat oorbly van die hartspier sal die kanker met graagte kom aas.

Wat oorbly van verhoudings tuur verlangend na die blanko skerm van 'n dooi foon.

Wat oorbly van jou drome gewaar jy soms so deur die toppe van hoe bome wanneer jy geknak,

opsieloos, klein, skugter, skaam weer voor die Vader kom staan...


Wys my asseblief net weer waar op U palm staan my naam?

th

2/4/2020

my bo-voet in jou voetbrug

jou kuit teen my shin

my kniekop in jou knieholte

ons bobene warm

my skaam kant om jou stomp kant

my midlife spread in jou rugholte

my arm deur jou kieliebak

my kop in jou nekholte

my kneukels in jou handpalm

ons haal saam asem

slaap

wondersoet

tevrede

een.

 


Mail
Instagram